Boere in die Noord-Kaap gaan weer gebuk onder veldbrande wat oor die provinsie heen woed.

Oor die afgelope naweek het brande in Kuruman en Daniëlskuil groot skade aangerig. Die vuur is die gevolg van warm, lae humiditeit en ʼn gebrek aan reën. Die area het nog nie die nodige reënval ontvang wat sal keer dat wegholveldbrande ontstaan nie.

Spanne van Working on Fire, wat in Kuruman gebaseer is, is ingeroep vir brandbestryding. Hulle werk saam met die Mac-Mac brandbeskermingsvereniging. Die brande is tans onder beheer.

Maandag het nog ʼn brand egter ontstaan op ʼn treinspoor tussen Hotazel en Postmasburg. Die vuur was buite beheer vir meeste van die aand, waarna brandbestryders die vuur oënskynlik teen die oggend onder beheer gebring het. Eben Antonissen, voorsitter van die Omgewingsakekomitee by Agri Noord-Kaap, sê egter dat ʼn kommunikasiegaping daartoe gelei het dat spanne te vinnig onttrek het, waarna die vuur weer opgevlam het.

Hulp is verkry vanaf grondeienaars op wie se grond daar brande was, asook mynhuise en vrywilligers van die dorp. Ongelukkig het ʼn westewind wat teen 55km per uur gewaai het, die vuur onder die brandbestryders laat weghardloop.

Samewerking tussen die provinsiale sambreel-brandbeskermingsvereniging, die Departement van Bosbou, Visserye en Omgewingsake, en die rampbestuur van die John Taolo Gaetsewe distriksmunisipaliteit het gesorg dat daar lugsteun verleen word. Helikopters met water bomme was op die toneel teen Dinsdag, met water wat verkry is vanaf die myn se dam. Antonissen noem dat alhoewel water soms ʼn teerpunt tussen boere en myne is, is die Vereniging dankbaar vir die ondersteuning wat die myn verleen om die noodsaaklike water vir brandbestryding te voorsien.

Die brand woed nog steeds voort, maar is redelik onder beheer. Antonissen glo dat die vuur nie weer sal weghardloop nie. Die vuur is tans in die klowe in die gebied waar dit moeilik is vir grondspanne om by uit te kom, maar helikopters help in hierdie verband.

Antonissen meld dat kostes vir die lugsteun en Working on Fire, nie deur Agri Noord-Kaap betaal kan word nie. Dit sal tussen die Mac-Mac en Kuruman-Oos brandbeskermingsverenigings verdeel sal word. Hy het boere gevra om dit in ag te neem as daar ʼn versoek vir finansiële bystand is.

Antonissen verwag heelwat eise teen Transnet vir skadevergoeding as gevolg van die brand wat op hulle treinspoor ontstaan het.

Alhoewel die grootte van die betrokke gebied nog nie bepaal kan word nie, is die impak geweldig. Veevrektes word nog getel. “Die hartseer van die saak is dat baie landbougrond afgebrand het. Daardie boere sit met hulle hande in hul hare. Dit gaan groot kapitaal vat om daardie plase weer op te bou en intussen moet veeboere ʼn plan maak om iewers heen te skuif met hulle diere,” aldus Antonissen.

Verdere Navrae
Eben Antonissen
Omgewingsake Voorsitter
073 163 4665

Janine Byleveld
Bedryfs-beampte Rampbestuur
073 291 0557

Video’s

Verdere Navrae
Eben Antonissen
Omgewingsake Voorsitter
073 163 4665

Janine Byleveld
Bedryfs-beampte Rampbestuur
073 291 0557

Give Today

Give Today

R100

R250

R500

R1000

R2500

Other